top of page

Vonkel Vriende

  • Carmine van der Westhuizen
  • Mar 31, 2017
  • 1 min read

“n Helpie reën nie nat nie!” en “’n Helpie word nie moeg nie!" Klink dit vir jou bekend, liewe Helpie? Wat presies is hierdie ‘Helpie-magic’ en ‘Helpie-guts’ waaroor almal praat? En wat is die 'Helpie-way'? Wat is dit wat ‘n Helpie ‘n Helpie maak?

Gaan dit net oor hoe Helpies foutloos, soos ‘n masjien, die een taak na die volgende kan doen? Of dat Helpies rye en rye trofees verower? Ons is met reg trots op die goeie IEB-uitslae, kreatiewe kleurvolle produksies en die Beeldtrofee-wenners, maar is ons Helpie-wees en trots net gebou op prestasies en toekennings?

Is die ‘Helpie-magic’ nie meer as net dit nie? Gaan dit nie juis oor die tye waar ons lam en tam is nie? Die tye waar ons “natreën” nie? Dít is wanneer ‘Helpie-magic’ en ‘Helpie-guts’ in harte gekweek word. In die tye waar ons foute maak, maar kies om weer te probeer. In die tye waar ons juis níe gewen het nie, maar weet dat ons ons beste gedoen het.

Die ‘Helpie-way’ beteken dat ons mekaar respekteer, aanmoedig en ondersteun. Dis juis in die “saam natreën” en “saam moeg-wees” tye wanneer die Helpie-ketting versterk word en ons harte 'magic' en 'guts' kweek.


 
 
 

コメント


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page