Veilig onder Sy vleuels
- Kirsten Phillips
- Mar 31, 2017
- 1 min read
Woensdae, tydens tweede pouse, word daar vir elke Helpie die geleentheid gebied om af te skakel van ‘n besige skoolskedule en in die Aula bymekaar te kom om in te skakel by hulle verhouding met God.
Die Time Out-bestuur, wat uit vier onderwysers en veertien entoesiastiese matriekleerders bestaan, is opgewonde oor wat die jaar inhou.
Die jaar se hooftema by Time-Out is “Veilig onder Sy vleuels” volgens Psalm 91. Hulle streef daarna om die leerders nader aan God te bring, ‘n veilige ondersteuningsomgewing vir die leerders te skep en ‘n geleentheid te gee om hulself in Christus te vind.
Gedurende die eerste termyn het verskeie gassprekers die Time Out-groep kom toespreek. Op 28 Februarie is daar ‘n passievolle Praise and Worship-aand gehou en daar is nog opwindende gebeure, soos die Get-A-Way kamp, wat voorlê.
Na ‘n besige tweede termyn word enige Helpie uitgenooi na hierdie kamp wat in Augustus plaasvind. Die kamp bied vir elkeen die geleentheid om te ontspan en te herlaai op ‘n plaas naby Heidelberg.
Comments