top of page

Pliés vang rugbyspelers onkant

  • Caitlin Barkhuizen
  • Mar 31, 2017
  • 2 min read

“As dans nie ‘n sport is nie, is rugby nie ‘n sport nie.”so sê Nina van Rooyen (graad 12). Aangesien dans nie as ‘n skolesportsoort erken word nie, het talle passievolle dansers begin vra of dans dan nie óók ‘n sport is nie.

Dans verg fisieke inspanning wat dikwels verder strek as dié van ons rugbyspanne en selfs die eenvoudigste “plié” of “toe drag” is te moeilik vir dié sportsterre om te bemeester. Net soos enige ander sportsoort vereis dans ure se oefening en voorbereiding. Jy moet boonop ook kophou om te verseker dat jy nie die ritme verloor of op jou maat se tone trap nie. Dit als terwyl jy soos ‘n engel oor die dansbaan sweef.

Om met ‘n elegante houding te kan dans, verg nie net fisieke oefening nie, maar ook deursettingsvermoë. Dans moet uiteraard meer elegant lyk as om iemand van sy voete af te duik. Volgens Helpmekaar se bobaas dansers, Suzanne Fourie en Mila Havenga (graad 12), neem dit jare se oefening om die postuur van ‘n danser aan te leer en daaglikse oefening om dit so te hou. Dans plaas dus meer druk op jou liggam en vereis ‘n hoër fiksheidsvlak. Die ure se oefening wat dans vereis, is egter onbekend aan die gehoor en dié wat dans nie as ‘n sport beskou nie, het ‘n wanopvatting daaroor.

As skaak as ‘n sport beskou word as gevolg van die hoeveelheid energie wat verbrand word, kan dans beslis oor dieselfde kam geskeer word.

Dans kan verder as ‘n sport geklassifiseer word omdat dit uiters kompeterend is. Die enigste probleem is dat danskompetisies nie as westryde gesien word nie, maar eerder as ‘n vertoning. Dit is egter net soos rugby ‘n toeskouersport, maar met gemakliker sitplekke en meer waarde vir jou geld.

Die laaste kriteria vir enige sport is beserings. Dans kan tot `n groot hoeveelheid beserings lei – van ‘n geskeurde ligament tot ‘n gebreekte rug. ‘n Veel groter risiko as om ‘n pion te verloor.


 
 
 

Commentaires


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page