top of page

Matriekseuns soek naarsigtelik metgeselle

  • James Clarke
  • Mar 31, 2017
  • 1 min read

Al hoe meer matriekseuns het sedert die begin van die jaar hul matriekafskeid-metgeselle uitgevra; ‘n vreemde verskynsel aangesien die matriekafskeid eers baie later in die jaar is. Nog nooit in vorige jare het dié uitvraery so vroeg begin nie, en onnies, sowel as die res van die skool, wonder wat aan die matrieks knaag.

Camille Viviers word deur Ignis Meyer met 'n blom omgekoop. Foto geneem deur Heike Edeling.

Een van die eerste matriekseuns wat ʼn meisie uitgevra het, het gesê dat hy haar nou al uitgevra het om haar te verras en om haar spesiaal te laat voel. Nou sit Helpmekaar met omtrent twaalf matriekpaartjies wat skielik nie meer so spesiaal voel nie.

Gunther Els het Velmein Hendriks sommer vroeg-vroeg by die Goue Liga gevra. Foto geneem deur Heike Edeling.

Die gevolg van hierdie eerste spul uitvra-aksies is dat baie seuns voel dat hulle teikenmeisie “gesteel” kan word en dat hulle binnekort aksie moet neem.

Andreas De Jager, ʼn matriekseun, meen dat dit wys is om jou metgesel binnekort uit te vra omdat die res van die jaar te besig sal wees om ʼn kreatiewe poging aan te wend. Daarom kan ʼn mens dit nou “verby kry” – maar wel met die nodige beplanning om jou meisie nog steeds spesiaal te laat voel!

As gevolg van hierdie verskynsel is die liefdeslewe van sommige matrieks omvergewerp, en gluur vriende nou vir mekaar oor ʼn sekere aster. Bloeddruklesings loop hoog, mammies skarrel soos afkophoenders op soek na die perfekte bos blomme vir hulle seuns, en meisies is onbeïndruk gelaat as gevolg van die vroeë uitvra-poging. Gelukkig sal ego’s herstel en sal die meeste matrieks tóg ‘n metgesel vir die matriekafskeid hê.


 
 
 

Kommentare


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page