top of page

Kuns, Kamera, Klank, Aksie!

  • Jenna Beukes
  • Mar 31, 2017
  • 1 min read

Die pragtige gebou van die NSA is net 'n klipgooi van Helpmekaar.    Foto geneem deur Gustav Klingbiel.

Daar is nie baie Helpies wat daarvan bewus is dat National School of the Arts (langs Rand Meisies) een van ons buurskole is nie. Hierdie akademiese instelling bied leerders ‘n opsie om in kuns, drama, dans en musiek te spesialiseer.

Jaarliks word daar twee oudisies gehou waarvolgens nuwe leerders, vanaf graad 8 tot matriek, toelating verkry. Elke kreatiewe platform het hul eie standaarde waaraan leerders tydens oudisies moet voldoen om aanvaar te word.

Alle leerders is verplig om tot in graad 9 tale, LO, wiskunde, sosiale- en natuurwetenskappe, tegnologie en EBW as vakke te hê, asook die kunsvorm waarin elkeen spesialiseer. Vanaf graad 10 het leerders vier basiese verpligte vakke, hul spesialiserende kunsvorm en keusevakke.

Volgens www.artslink.co.za is die NSA ‘n unieke skool waar drome waar word deur uitnemendheid in die kunste en akademie . Onder die top 25 staatskole is die NSA 6de gelys. Verder het die NSA vir die afgelope 17 jaar ‘n 100%-matriekslaagsyfer.

Vir meer inligting oor die NSA se akademiese instellings en hul jaarlikse Festival of Fame, besoek gerus hul webtuiste by www.artschool.co.za.


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page