top of page

Koor mik na hoër note

  • Heike Edeling
  • Mar 31, 2017
  • 1 min read

Die passievolle koormeester, Siegfried Pretsch

'n Opwindende jaar wag op ons koor - vol verrassings en bibberende basse in Bratislava.

Hendrik van Staden in diepe vervoering tydens kooroefening.  Foto geneem deur Heike Edeling.

Vanjaar se matriekgroep het die geleentheid om vanaf die 30ste November tot die 18de Desember vir die tweede maal saam met verskeie ander koorlede na vyf Europese lande te toer.

Die hoofdoel van die toer is om aan die Internasionale Koorfees in bekoorlike Bratislava deel te neem. Alhoewel dit nie warmer as 1ºC in Slowakye word nie, sal ons wonderkoor beslis nie in hul sneeuspore terugtree nie!

Die Applous-kompetisie lê ook nog op die singpad na Europa voor, en die Helpie-koor hoop om, soos in 2015, wéér onder die top 8-kore in die meer ervare afdeling te eindig.

Die koor se ryk klank word beslis nie deur leeglêery verkry nie. Vermoeiende musiekstukke en deurlopende dissipline is wat elkeen van die 84 koorlede sal moet baasraak om hartroerende hoogtepunte in 2017 op die verhoog te verseker.


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page