top of page

JOL-JOL, ALKOHOL

  • Jacques Peacock
  • Mar 31, 2017
  • 1 min read

Na ‘n lang en besige week is menige tieners se enigste “plesiertjie” om ‘n kappie of twee (of drie) te maak. Om spesifiek te wees, ongeveer een uit elke twee tieners gebruik alkohol.

‘n Studie deur die Wêreld-gesondheidsorganisasie toon dat van die 52.9% tieners wat al alkohol gebruik het, 56.1% (seuns) en 43.5% (dogters), tekens van alkoholafhanklikheid toon. Hierdie afhanklikheid word toegeskryf aan faktore soos stres, groepsdruk of ‘n traumatiese gebeurtenis soos die dood van ‘n ouer of nabye vriend.

Dr. David Bayever van die regering se Dwelmbeheerorganisasie, bekend as die CDA, sê "Middelemisbruik in Suid-Afrika is baie ernstig (…) met statistieke wat twee keer meer is as die wêreld se gemiddeld (...) en dit is net waarvan ons bewus is (...) dit is net die punt van die ysberg."

Me. Lize Scholtz, kliniese sielkundige van Helpmekaar se Kinderleidingdepartement, sê die skool speel ‘n baie belangrike rol in die bewusmaking en opvoeding van middelemisbruik onder tieners. Sy meen egter dat die toepassing van streng reëls teenoor middelgebruik in die ouerhuise uiters belangrik is.

Alhoewel die regering ingespring het om die gebruik en misbruik van alcohol deur tieners te verminder, is dit moeilik om te kontroleer wanneer en waar alkohol deur tieners gebruik word . Die “You Decide”-veldtog poog om tieners bewus te maak van alkoholmisbruik in Suid-Afrika.


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page