top of page

Interhuis-swemgala verwelkom Helpies na vakansie

  • James Clarke
  • Mar 31, 2017
  • 1 min read

Selfs die onnies het die interhuisswem geniet. Foto geneem deur Kristi Steyn.

Op 13 Januarie het Helpmekaar vir die eerste keer in 2017 as skool bymekaargekom om gees te vang, met sterswemmers te spog, en uit te kyk vir nuwe swemtalent. Daarby is die splinternuwe graad 8’s se gees vir die eerste keer getoets.

Die geesvang het yl begin: al die grade, wat nog nasmake van die vakansie gehad het, het maar halfhartig begin sing. Namate swemmers van verskillende huise mekaar uitgedaag het in die swembad, het die pawiljoe

n geleidelik al hoe harder begin juig. Aan die einde van die dag was stembande rou en boude seergesit, maar die Helpie-gemoedere hoog.

Juffrou Angelika het dié dag gebruik om vir enige versteekte potensiaal te soek, en veral om die graad 8’s se swemtalente te evalueer. Die Welpies is ook deur die res van die skool beproef ten opsigte van hulle gees en deursettingsvermoë op die pawiljoen.

Die interhuis-swemgala was ‘n dag van pret en ‘n kans vir Helpmekaar om trots saam te staan. ‘n Anonieme matriek som dié dag mooi op: “Die beste deel was nog altyd as die matrieks kan saamswem... ek gaan ná skool baie daarna terugverlang.”


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page