top of page

Helpmekaar het verander maar Helpies nie

  • Susan Steurer
  • Mar 31, 2017
  • 1 min read

Mnr. Stoffel en Mnr. Eugene se o.15 rugbyspan van 2004. Foto verskaf deur Marco van Staden.

Helpmekaar Kollege: die eerste Afrikaanse skool (1921) en die eerste Afrikaanse Privaatskool (1993) in Johannesburg. Vir ‘n skool wat altyd aan die voorpunt van vernuwing staan is dit natuurlik dat die skoolgeboue en -terrein heelwat anders lyk as in 1921. Die Helpies is egter nog steeds ‘n familie en vorm steeds die legendariese Helpie-ketting.

Mnr. Stoffel Coetzee, vanaf 2001 ‘n onderwyser by Helpmekaar, getuig so: “Daar was 220 leerders in 2004 in die skool en nou is daar meer as ‘n duisend.” Dít is op sigself indrukwekkend as in ag geneem word dat die skool met slegs 81 leerders in 1921 begin het. Volgens hom is die een Helpie-eienskap wat nooit verander het nie die begeerte om saam te staan wanneer dit nodig is.

Die skoolterrein het baie verander. “Die parkeerterrein was net graspolle en rooi grond. Die saal se dak het gelek en ons moes regstaan met emmers. Vandag het elke spasie ‘n funksie gekry soos klaskamers of kantore.” Dit is hoe Juf. Lida, wat in 2004 by Helpmekaar aangesluit het, die terreinveranderinge beskryf. Juf. Lida sȇ alhoewel opvoeding tuis verander het en tegnologie deesdae oorgeneem het, was en is Helpies altyd vriendelik, spontaan en vol selfvertroue.

Een ding wat Helpies anders maak as ander jongmense is: Helpmekaar. Hier is tradisies en gewoontes wat elke jongmens onbewustelik beїnvloed en bydra tot hulle persoonlikheidsontwikkeling.


 
 
 

댓글


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page