Helpies, sê Cheese!
- Kirsten Phillips
- Mar 31, 2017
- 1 min read

Op 28 Januarie het 33 Helpie-fotograwe bymekaargekom om hulle geheueskyfies met die bekende professionele fotograaf, Eugene Nagel, se uitmuntende kamerakennis te vul.
Op eie bodem het hulle geleer hoe die liggaam, lensopening, lig-blootstelling en sluiterspoed van elkeen se kamera werk.
Juffrou Sofi Woest, organiseerder van die Helpie-fotografieklub, beskryf die werkswinkel deur die volgende vergelyking te maak: “By die kursus leer ons hulle hoe om met beligting te verf. Die kamera is die verfkwas en jy as fotograaf is die kunstenaar.”
Wat nou vir elke kursusganger voorlê, is die uitstalling aan die einde van die jaar waar hulle die geleentheid kry om hul meesterstukke met die skool te deel.
Comments