top of page

Helpies snork nie in Orkney

  • Shane Lottriet
  • Mar 16, 2017
  • 2 min read

Die Helpie o.19 dogters wat hulle aflositem loshande gewen het. Foto geneem deur Danica Royffe.

Die jaarlikse Superinterhoër Atletiekbyeenkoms, aangebied deur die Hoërskool Klerksdorp, het op Woensdag,1 Maart te James Motlatsi-stadion in Orkney plaasgevind. Die atlete van Prestige Kollege het die byeenkoms gewen met 742 punte, terwyl Helpmekaar ‘n tweede plek behaal het met 673 punte.

Die Helpies het 14 goue medaljes losgeslaan waarvan 8 deur ons Welpie-atlete (o.14’s) verower is. Johnathan de Lacey Lacey het 1 117 punte op die ABSA-tabel behaal vir sy eerste plek in die gewigstoot vir seuns o.17, en Simoné de Wet 1 069 punte en ook ‘n eerste plek in die 200 m vir dogters o.14.

Beide die Helpies op die pawiljoen en die atlete kon die kompeterende atmosfeer aanvoel waarvoor dié atletiekbyeenkoms bekend is. “Elke keer as ek na die pawiljoen opkyk en vir Helpmekaar sien wat uit volle bors sing, maak dit my trots om hier te wees en dan wil ek goed hardloop,” sê Tiaan Botes, atleet en graad 10-leerling van ons skool.

Die 100% papier-hoede kon nie heeltemal die skerp Noordwes-son keer nie. Foto verskaf deur Danica Royffe.

Dit was van vroeg reeds duidelik dat dit ‘n uitdagende dag vir Helpmekaar sou wees. Die Helpies het deur temperature so hoog soos 30°C gesit en nog steeds die nodige ondersteuning gegee wat van hulle verwag word. Elke Helpie het met `n gebrande gesig huis toe gegaan, maar Melissa Smith, ‘n graad 11-leerling, meen dat sy altyd met ‘n glimlag op haar gesig gaan terugdink aan dié dag.

Die Superinterhoër veroorsaak die interaksie tussen verskillende skole en hul leerders. ‘n Voorbeeld hiervan was toe die Helpies saam met die Hoërskool Monument en die Hoërskool Noordheuwel aan die einde van die byeenkoms ‘Ons vir jou, Suid-Afrika’ gesing het. “Ek het hoendervleis gehad en dit het my gewys dat ons almal eintlik gelyk in die lewe is, ongeag van ons verskille,” sê Ashley Goldridge, ‘n leerder van die Hoërskool Monument.


 
 
 

コメント


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page