Harde werk maak leiers
- Eduan Beukman
- Mar 31, 2017
- 1 min read

Saam met die hoofleiers, Tristan Oosthuizen en Taylor Underhay, vorm die onderhoofleiers 'n kernskakel in die Helpie-ketting. Hulle innoveer, presteer, en kommunikeer op ‘n daaglikse basis (meestal agter die skerms) om seker te maak dat díe ketting goed ge-olie bly.
Jacques Peacock, onderhoofleier met kultuur as sy hoofportefeulje, sê reguit daar is nog ruimte vir verbetering van die skool se leierstruktuur. “Ek glo daar kan verbeter word as hoofleiers nader aan die leerders beweeg. Ons is immers die leerders se leiers.”
Hy sê die lekkerste deel van die leierskapsposisie is om met die ander nege hoofleiers saam te werk, aangesien dit ‘n lekker span mense is wat nie terugstaan vir harde werk nie.
Peacock sê voorts: “Die hoofleiers doen verskriklik baie werk agter die skerms en die leerders besef dit nie.” ‘n Opmerking wat die vraag laat ontstaan, kry die onderhoofleiers noodwendig die nodige erkenning vir al hierdie harde werk?
Megan Eksteen, onderhoofleier van leerdersake, sê; “Dis na my mening nie nodig nie. Die bevrediging lê in die feit dat ons deel kan wees van die aksie en beplanning.”
Lambré Krause, die onderhoofleier wat sosiale sake hanteer, sê dat sy leierskap eerder gedefinieer moet word deur sy daaglikse optredes as deur iets soos ‘n wit baadjie. Dit in reaksie op die vraag of die onderhoofleiers ook wit baadjies moet ontvang. Krause sê ook dat ‘n wit baadjie glad nie sy siening oor leierskap sal verander nie.
Helpmekaar se onderhoofleiers van 2017 is, soos duidelik uit hul antwoorde blyk, inderdaad ‘n sterk leiersgroep wat wyd en Suid waardeer word.
コメント