top of page

Blitsflite

  • Die Sportkantoor
  • Mar 31, 2017
  • 2 min read

Mark doen dit weer

Mark Snyman, ‘n matriekleerling van Helpmekaar Kollege, is gekies vir die Suid-Afrikaanse o.18-Sewespan. Mark het hom reeds in 2016 as ‘n kranige rugbyspeler bewys toe hy verkies is tot die o.18 Suid-Afrikaanse Skolespan.

“Om by Helpmekaar rugby te speel het my beslis gehelp om my vaardighede en spel te verbeter. Veral mnr. Shaun Jackson, die eerstespan-afrigter, het baie bygedra tot my vordering oor die laaste twee jaar”, vertel Mark.

Hy is ook baie dankbaar vir sy ouers wat bank vas agter sy rugbydrome staan.

Swemspan wen liga

Helpmekaar se swemspan het eerste geëindig in die B-bond van die Interhoër-swemkompetisie wat op 2 Maart in Johannesburg gehou is, en kwalifiseer nou om in 2018 aan die A-bond kompetisie deel te neem.

13 van ons swemmers het tydens die kompetisie ‘n eerste of ‘n tweede plek behaal, en het deurgedring na die Prestige Gala-kompetisie. Hier het Marné Groenewald en ons ope aflosspan elk ‘n goue medalje losgeswem.

Rieghardt van der Merwe en Adriaan Steyn is ook gekies om aan die Nasionale Junior-kampioenskappe deel te neem.

Ysskaats

Rachelle Potgieter (graad 12) neem al van graad 7 deel aan ysskaats, en is vroeër die jaar verkies om Sentraal-Gauteng by die Interprovinsiale Ysskaats-kampioenskappe in Durban te verteenwoordig.

Sy berei tans voor vir die Nasionale Kompetisie wat in April sal plaasvind.

Golden Boys

Helpmekaar se bekende en gewilde goue seuns se Goue Liga-video op Facebook, is al ‘n rekord 11 358 keer gekyk. Margeaux Bester (graad 11) sê díe groep is die beste ooit omdat hulle danse oorspronklik en vars is. “Aan die begin van die seisoen was hulle swak, maar met gereelde oefening en ‘n uitstekende spangees is hulle nou bo aan die leer.”


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page