top of page

Stellenbosch: meer as net wynplase

  • Jana Basson
  • Apr 2, 2017
  • 1 min read

Selfs die koffie is meer as net koffie by Meraki. Foto verskaf deur Jana Basson.

Na ‘n paar draaie in Victoriastraat, Stellenbosch, sal jy die kafee ‘Meraki’ in Ryneveldstraat ontdek. Onder die bome, langs helder geel sambrele, lok die reuk van koffie en soetigheid die verbygangers nader.

Net soos ‘The Whippet’ in Linden, het díe kafee nie nét versnaperinge nie, maar ook ‘n winkel met meer as net kombuis-inkopies. Die koffie is van uitstaande gehalte en bied strawwe kompetisie vir die welbekende ‘Starbucks.’

Jy kan óf ‘n smaaklike ontbyt geniet met een (of twee) van hul spesialiteit croissants, óf jou soettand bederf met iets uit die bakkery se buffet wat kreun onder die sjokoladetertjies en Oreo- en kaaskoeke!

Die kontemporêre komposisie van marmer en hout verwelkom alle ouderdomme, en die klere in die winkel is ‘n bonus vir die vrouebesoekers.

Meraki word ten sterkste aanbeveel – maak gerus ‘n draai in die vakansie of wanneer jy dalk binnekort self ‘n “Matie” gaan wees.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page