top of page

Omskryf jou foto

  • Marié Mouton
  • Apr 2, 2017
  • 1 min read

As Instagram en Facebook skoolvakke was, sou ons ouers baie trots op ons gewees het! So dink elke Helpie nadat hulle ‘n foto gepos het met daardie perfekte byskrif onderaan. Dié aanhaling is van Pinterest, Tumblr of Google verkry en so vinnig as moontlik ge-“screenshot” met die hoop dat niemand hulle spesiale byskrif kaap nie!

Seuns soek vir daardie tipiese “stoute-seun”-aanhalings soos: “Ons is nie hier om lank te lewe nie, maar om lekker te lewe”. Meisies rond weer hulle foto’s af met dieper, meer betekenisvolle aanhalings wat jou laat nadink oor die foto – en die lewe van ‘n tiener.

Instagram-byskrifte is belangriker as die foto’s. Selfs die mooiste foto het min impak sonder ‘n vlymskerp byskrif daarby. Onthou dus hierdie kosbare lewensles: Moet nooit tevrede wees met net ‘n paar emoji’s langs jou foto nie, want byskrifte doen die ding!


Comentários


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page