top of page

Laat aande beloon tydens prag Helpie-funksie

  • Eduan Beukman
  • Apr 2, 2017
  • 1 min read

Dit was weer tyd vir die jaarlikse akademiese prysuitdeling, wat op Donderdagaand 26 Januarie in Helpmekaar Kollege se skoolsaal gehou is. Alhoewel die geleentheid nie altyd dieselfde aandag ontvang as dié van die Laudatio aand nie, bly dit ‘n groot aansporing vir akademiese presteerders.

Die gasspreker vir die aand was prof. Derek Van der Merwe, voorsitter van die skooldireksie. “Moet níks as vanselfsprekend aanvaar nie. Nie nou nie, nie later nie. Nie in Die-Grootmenswêreld- daarbuite nie, nie in die skool nie, en nie in jou persoonlike lewe nie.” Sy woorde het duidelik aanklank gevind by ouers, onderwysers, en ook die leerders wat die aand bygewoon het, en daar is nog lank ná die prysuitdeling na sy toespraak verwys.

Met onderskeid wat getref word tussen die top 10-akademiese presteerders en die res, geld die geleentheid ook as ‘n vorm van motivering vir selfs nóg beter akademiese prestasie. Dit is juis ook hierdie interne, gesonde kompetisie (onder leerlinge) wat akademiese rangposisies soveel meer betekenis as slegs ‘n nommer gee.

Prof. Derek het as gasspreker by die Akademiese Prysuitdeling die gehoor aan sy lippe gehad. Foto geneem deur Kristi Steyn.


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page