top of page

Is jy ín of is jy uit?

  • Danielle Brink
  • Apr 2, 2017
  • 1 min read

Dink jy jy is op datum met die huidige giere? Doen jy nog ‘n daaglikse “dabb” of ken jy darem die Juju wat nié ‘n rooi oorpak dra nie?

Bernard Burger en Juf. Richelle wys hulle weergawe van die dabb. Foto geneem deur Heike Edeling.

2016 het met die “Damn Daniel”-gier begin. Die tendense het begin toe iemand ‘n video op YouTube geplaas het van sy vriend wat heeltyd wit skoene gedra het, dus die “Damn Daniel, back at it again with those white vans?”. As jou naam enigsins ‘n bietjie soos “Daniel” klink, was jy vir twee maande ‘n slagoffer van dié sê-ding.

Volgende het ons “bottle-flipping” gehad. Dit het die onderkante van menige waterbottels heeltemal verwoes met die gevolg dat baie seuns se bottels nie meer kan regop staan nie. ‘n Dubbel-flip met ‘n suksesvolle landing was “uber kiff”.

Om 'n bottel te flip is so 2016. Foto geneem deur Heike Edeling.

Êrens het “dabbing” ook kop uitgesteek. Dit is wanneer jy jou kop in jou een elmboog insteek asof jy nies en die ander arm ook oplig, vir diegene wat dit nie weet nie. “Dabbing” is in 2012 deur die fliek “Atlanta” bekend gemaak, maar het eers teen 2016 in Suid-Afrika ‘n hoogtepunt bereik.

Helpie-meisies het ook ‘n tendens begin. Die “tong-uit-oë-toe-twee-vingers” foto. Ander skole is maar versigtig om op dié foto’s kommentaar te lewer, maar sê wel dat dit “uniek” is.

2017 se giere het met ‘n dansie, die “Juju on that beat” begin, wat die oer-oue “whip & nay-nay” se plek ingeneem het.

As jy onbewus is van enige van dié tendense, is jy heel moontlik “uit”.Gaan maak gerus ‘n opvoedkundige draai op YouTube om jou standaarde weer te lig.


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page