top of page

HOOFGEDAGTES Leef met oorgawe

  • Klaus König
  • Apr 2, 2017
  • 1 min read

Dis al 'n cliché om vir iemand te sê: "Gaan voluit!" Wat bedoel ons daarmee? Niemand kan tog letterlik die hele tyd volspoed hardloop nie, of hoe?

Dit is waar dat ons nie altyd op ons piek kan funksioneer nie. Almal moet soms rus. Maar om te lewe met oorgawe is 'n ingesteldheid – ook wanneer ons ontspan.

"Voluit gaan" is daardie graad 9 wat vir élke onderwyser en matriek waarby hy verbystap sy pet lig en groet. Dis die graad 11 wat elke jaar entoesiasties inskryf vir die swemgala al wen sy nie. Dis die kind wat droom én werk om eendag die wêreld se energiekrisis op te los. Dis die branderplankryer wat elke golf geniet en die grotes ry tot op die sand.

Dit is waar dat 'n mens partykeer iets moet doen waarvoor jy nie lus is nie, en dan wens jy die tyd om. Partykeer loop 'n mens sleepvoet en kermrig en stadig. Oppas om tyd te mors, liewe Helpie. Gryp die dag, want die lewe is kort.

"Ek verkies die foute van entoesiasme bo die gevoelloosheid van wysheid," het Anatole France gesê. Partykeer kan versigtigheid 'n mens lamlê. Vat maar die kans om 'n fout te maak – ons is almal menslik en foute is onvermydelik. Maar moenie spoed verloor nie – bly begeesterd, bly glo die lewe en jóú planne is die moeite werd.

Droom groot, Helpie – die wêreld het jou nodig. Maak die beste van elke geleentheid. Lééf elke oomblik bewustelik – of jy nou werk of speel of rus.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page