top of page

Hoe help Helpmekaar24 die Helpies?

  • Hanri Lourens
  • Apr 2, 2017
  • 1 min read

Helpmekaar24 (www.helpmekaar24.co.za) is in die eerste week van die 2017-skooljaar aan die Helpies bekendgestel as ‘n platform wat daagliks alle toepaslike inligting aan leerders elektronies deurgee.

Die webblad, www.Helpmekaar24.co.za, word deur die e-Flitse o.l.v. Juan van Staden bestuur, en ses graad 9-leerders word op ‘n rotasie-basis gebruik om vroegoggend inligting in te lees. Die blad is baie eenvoudig ontwerp – sonder enige grafika of ingewikkelde skakels - sodat dit nooit meer data as een WhatsApp-boodskap gebruik nie.

Helpies het deur Helpmekaar24 direkte toegang tot die busreëlings, afkondigings, daaglikse tydrooster, weekprogram, Adam en e-Skool. Twee internetpunte, een voor die hoofgebou en een in die Towers, is ook daagliks vir leerders oop om toegang tot die webblad te vergemaklik.

Anushka Visser (graad 9), ‘n e-Flitse-redaksielid, meen dat Helpmekaar24 baie goed ontwerp is en ‘n belangrike taak verrig op ‘n baie maklike, eenvoudige manier. Sy glo wel dat die inleesproses verfyn kan word en dat onderwysers self afkondigings op die webblad moet inlees. “Daar moet ook meer internetpunte deur die skool opgerig word. Sodoende sal meer kinders toegang hê tot HMK24 en onnodige logistieke frustrasies vermy.”


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page