top of page

Halfmas-harte klop vir kuiltjie-seun

  • Susan Steurer
  • Apr 2, 2017
  • 1 min read

Op Woensdag, 21 Maart het die Helpies met groot hartseer verneem van die tragiese afsterwe van Jacques le Roux (graad 10).

Jacques was ‘n fantastiese fietsryer en avonturier. Hy was die leier van die Wolfpack-span wat in 2015 tweede en in 2016 vierde by die nasionale Avontuursportkompetisie geëindig het.

“Jacques was en sal altyd in ons herinneringe ‘n goeie mens bly”, vertel Nikola von Staden (graad 10), sielsgenoot en spanmaat van Jacques. “Hy het ‘n manier gehad om almal om hom te laat glimlag. Hy sou sonder om twee keer te dink dié wat sukkel, probeer help. Hy het lank en hard baklei, en daarvoor is ek trots op hom.”

Mnr. JJ, graad 10-voog, sê dat sý nagedagtenis van Jacques altyd mooi sal bly. “Hy was my graad se lieflingkind. Die Helpie-ketting het beslis ‘n juweel verloor. Rus sag, Jacques.”

Jacquel le Roux, Nikola von Staden en Daniel Potgieter tydens die 2015 provinsiale avontuursportkompetisie. Foto geneem deur Christo Horn.

Commentaires


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page