top of page

DINK GROTER AS NOU…

  • Jacques Peacock
  • Apr 2, 2017
  • 1 min read

Soos die bekende Jack Parow-liedjie lui: “Hier’s hy nou…” – uitgawe een van 2017! Die koerant se blink, nuwe baadjie en vars inhoud is dalk nie heeltemal wat al die getroue lesers verwag het nie, maar met hierdie uitgawe het ek besluit om dinge anders te doen.

Op die voorblad pronk ‘n berig oor ‘n groot probleem in Suid-Afrika, met genoeg trefkrag om in die toekoms Suid-Afrika se werkskwaliteit in alle gebiede te kelder.

‘n Splinternuwe blad maak ook in hierdie uitgawe sy verskyning met die fokus op aktuele sake wat buite die veilige vesting van die Helpie-volk gebeur, maar steeds ‘n impak op elkeen van ons se lewens het. Lees verder ‘n eksklusiewe onderhoud met die alombekende sanger, Francois van Coke deur Aleida de Bruyn.

Die sportblad het ook ‘n paar verrassings met onderwerpe wat almal áltyd miskyk, soos hoe die swemgala van die pawiljoen se perspektief af lyk. James Clarke ondersoek ook hoekom die matriekseuns so haastig is om matriekafskeidmetgeselle vas te knoop.

Bietjie anders as in die verlede, nè? Maar hoekom sal ons by die status quo wil hou? Ons elkeen het ons eie stemme vir ‘n rede, so sê jou sê soos JY wil. Boksies is soms goed, maar ons moet soms buite die boks ook dink.

Uiteindelik hoop ons dat elke leser sal agterkom dat alles in die lewe nie oor die onbenullighede gaan waarom die huidige samelewing geneig is om te wentel nie. Dink groter as dit, want jy kan!

Gaan groot!


 
 
 

Comentários


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page