Die vere maak die voël
- Nina Mostert
- Apr 2, 2017
- 1 min read
Wat is gewilder as die “meal of the day” by Helpmekaar? Die gestreepte wit-en-bruin erekleurebaadjie natuurlik! En, ja, dit is binne jou bereik op die sportveld, kulturele en akademiese gebied.
Akademie is natuurlik die eenmansport waar daar geen kortpaaie, reserwes of selfs waterdraers is wat pasella ʼn baadjie ryker word nie. As jy bereid is om jousellf elke Vrydagaand besig te hou met take en leerwerk, Saterdae ekstra klasse by te woon en al jou studieperiodes af te staan aan, wel, studies, moet jy boonop vir 3 jaar ʼn gemiddeld van 85% of hoër handhaaf voordat hierdie eer jou te beurt val. En kom ons wees nou maar eerlik – dis ʼn strawwe wedloop waarin min die wenstreep oorsteek.
In 2016 is 121 Graad 10- en 11-leerders beloon met erekleure waarvan slegs 21 Gr 10’s en 25 Gr 11’s aan die akademiese kriteria voldoen het. Die oorblywende 75 toekennings is verdeel tussen sport en kultuurtoekennings soos volg:
Rugby – 21 Atletiek – 12
Tennis – 7 Netbal – 4
Ruitersport – 3 Swem – 2
Krieket – 1 Skyfskiet – 1
Landloop – 1 ATKV Tienertoneel – 10
Skaak – 4 Spraakgilde – 3
Tegnies en Klank – 3 Redenaars – 2
Fotografie – 1 Oriëntering – 1
Trek nou die streep en werk vir jou baadjie, jou koller en jou taaitjie!
Komentáře