2016 Matrieks hou die Helpie-naam hoog
- Caitlin Barkhuizen
- Apr 2, 2017
- 1 min read
Nadat die matrieks van 2016 die IEB-eindeksamen (Onafhanklike Eksamen Raad) geskryf het, kon hulle hulself weereens op die skouer klop vir ‘n 100%-slaagsyfer en ‘n algehele gemiddeld van 72%.
22% van die groep het ‘n A-gemiddeld behaal, terwyl 41% met ‘n B-gemiddeld geslaag het. 90% van die groep se gemiddeld was ‘n C-simbool of beter. Drie leerlinge het elk 10 A-simbole ingepalm: Kirsten Dennis, Lara Dennis en Ané Lindeque. Twee van ons Helpies het elk nege onderskeidings behaal: Kati Beckerling en Roné Coetzer. Ses leerlinge spog met agt onderskeidings elk: Gabbi Knipe, Derrick Lategan, Garrett Nel, Daniélle Rossouw, Carli Uys en Cobus van der Merwe.
Die eindeksamen was nie die enigste hekkie wat die matriekgroep van 2016 moes oorkom om matriek te slaag nie; hulle moes ook die deurlopende assesseringsprogram (DASS) voltooi, sowel as die gevreesde rekordeksamen. Volgens Bridgette Mabude (graad 12, 2016) was die rekordeksamen die rede waarom talle matrieks hul Augustusvakansie prysgegee het en eerder tyd voor die boeke deurgebring het. Hulle moes ook een week se verpligte lenteskool bywoon om te verseker dat die jaar se werk afgehandel en goed hersien is voor die eindeksamen.
Die laaste hekkie wat enige matriek moet oorkom, is die van die eindeksamen. Die laaste eksamen van jou skoolloopbaan duur vyf tot ses weke, waartydens jy ‘n laaste vraestel (of drie) in al jou vakke aflê. Al neem dit lank, is talle matrieks bly dat hulle dit gedoen het en die kans gekry het om die skool se naam op dié manier hoog te hou.
Alhoewel die matrieks van 2016 bekommerd was oor hul uitslae, het hulle die skool verlaat met ‘n 100%-slaagsyfer as hul nalatenskap.

Comments