Soek en julle sal vind
- Carla Botes
- Mar 23, 2017
- 1 min read
Helpmekaar Kollege het sy eie kamer van geheimenisse: in die ou pottebakersgebou wat deur Juffrou Aletha bewaar word, waar jare se verlore goedere geduldig en gedweë vir hul eienaars lê en wag.
Vele fassinerende skatte kan gevind word as jy in die donker wêreld van die verloregoederestoor gaan soek: skoolklere, spinnekoppe, bashers, dooie insekte, sporttoerusting en selfs onderklere. Vir die laaste-minuut boekverslag lê "Gouelokkies en die drie beertjies" en wag
.
Daar is alles wat nodig is vir 'n lang Helpie-dag. Skooltasse met boeke en ten volle toegeruste pennesakkies, asook sportsakke met klere en toerusting. As die hongerpyne te erg knaag, is daar gemufde brood en vrot appels om jou deur die dag te dra.

Volgens 'n graad 9-leerder het hy al vele vreemde voorwerpe in die stoor gevind, maar die beste vir hom was 'n nekkussing om hom te ondersteun deur 'n lang uitmergelende skooldag. Debbie van der Merwe, `n graad 8-leerder, sê die stoor is "ongeorganiseerd, onwelriekend en onaansienlik, maar dit is steeds die eerste plek waar jy soek as jy iets verloor het". Soos almal weet, is dit maklik om goed te verloor, maar om dit te vind is 'n heeltemal ander storie. Baie ma's kla elke dag oor besittings wat spoorloos verdwyn, maar as 'n mens so kyk na die opgehoopte voorraad in die kamer van geheimenisse, het baie ma's die stryd gewonne gegee.
Comments