top of page

Slagveld van verkeersknope op Helpie-stoepe

  • Aleida de Bruyn
  • Mar 23, 2017
  • 1 min read

Wanneer die klok lui, peul meer as ‘n 1000 Helpies met hulle tasse vol boeke uit hulle klaskamers en probeer met entoesiasme en spoed (of ‘n gebrek daaraan) om binne ‘n aanvaarbare tyd by hul volgende periode te arriveer.

Verkeersknope op die stoepe word veroorsaak deur ‘n kous wat opgetrek word, ‘n basher wat soos ‘n missiel deur die lug trek, ‘n dringende gesprek om reëlings vir pouse/ na skool/ die naweek te tref, vinnige drukkies of leerkragte wat klerereëls toepas. Die ou bekende reël van hou links, enkel-formasie en hou aan beweeg, word dikwels gekniehalter deur ‘n klas wat gesluit is of deur ‘n verskrikte, verwarde graad 8-kuikentjie wat “Sus en So” se klas soek. Dit voel soos die misterie van ‘n groen verkeerslig terwyl geen voertuig vorentoe beweeg nie.

‘n Helpie maak egter ‘n plan. As jy al jou klasse in die die Towers het, of die matriektrappe mag gebruik (streng slegs matrieks, of hoe?), is jy van die gelukkiges. Die ander: om verkeersopeenhopings te verminder en verkeersvloei op die stoepe te bevorder, is daar nuwe, meer effektiewe staproetes in die skool ingestel (sien grafika). As ‘n mens byvoorbeeld van die Wilde Weste na die Verre Ooste loop, neem die duikweg. Of van die Towers na die wetenskapklasse, loop voor die hoofgebou verby.

Mnr. Willie van den Berg meen dat die nuwe staproetes reeds vrugte afwerp en dat die IGO-Helpies vinniger as voorheen by sy klas opdaag.

Voorwaarts Helpies, laat die verkeer vloei!


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page