Manjifieke Lirieke
- Heike Edeling
- Mar 23, 2017
- 1 min read
Francois van Coke kry dit reg om in een week, na die vrystelling van sy tweede solo-album "Hierdie is die lewe", in die nommer een plek op die iTunes-ranglys in te glip.
Die skitterende album wemel van passie, en sy liedjie "Dit raak beter" is absoluut aansteeklik. Die universaliteit van die lirieke, asook die aangrypende musiekvideo wat eksklusiewe beeldmateriaal van Francois op skool ten toon stel, reflekteer deur die jare sy skatlike verhouding met musiek. Hierdie flitsbeelde tussen Francois se verlede en sy hede gee vir die aanhanger dus 'n geleentheid om met hom as doodnormale mens buite sy uitspattige musikale lewe te vereenselwig.
Al 11 liedjies is 'n volmaakte samekoms tussen Francois se liefde vir rock, sy talle talente, asook sy opregte trots vir Afrikaans as lewendige taal. Dis 'n alles-in-een album wat die diversiteit van hom en sy musikale Gevaar (die naam van sy musiekgroep) toon, en wat 'n lywige dosis magiese energie vir oud en jonk bied.

Comments